Digitale Verslawing

Tegnologieverslawing, ook algemeen bekend as digitale verslawing of internetverslawing, word dikwels oor die hoof gesien as gevolg van die aanvaarding van die samelewing van die gebruik van digitale toestelle. Tegnologie verslawing word dikwels nie deur geliefdes opgemerk nie, want dit kan voorkom asof die verslaafde individu met iets belangriks, soos werk of skoolverwante take op hul digitale toestel besig is. Dit is in werklikheid dikwels nie die geval nie. In ‘n groeiende digitale era is daar ‘n vinnige uitbreiding van digitale gebruik en die daaropvolgende potensiaal vir ʼn problematiese patologiese tegnologie misbruik

Waarom is tegnologieverslawing gevaarlik?
In teenstelling met algemene opvatting, kan tegnologie verslawing uiters gevaarlik wees en kan dit bydra tot verskeie neurologiese, sielkundige en sosiale probleme.
Digitale verslawings individue se gesinne word egter op ander vernietigende en gevaarlike maniere geraak, want die individue spandeer meer tyd aan digitale gebruik, eerder as om op skool- of werkverwante take te fokus. Die; oorbenutting kan ook lei tot die uitstel en vermyding van werk; .Persoonlike verhoudings word ook belemmer aangesien die individu belangstelling in sosialisering of kommunikasie verloor en eerder tyd op hul digitale toestel spandeer. Tegnologie is ‘n teelaarde vir isolasie

Sommige geestesgesondheidswerkers beskou digitale verslawing as ‘n simptoom van ‘n ander versteuring, soos byvoorbeeld angs of depressie ,in plaas van ‘n aparte versteuring. Nietemin beskou baie professionele persone, op die gebied van geestesgesondheid en verslawing, digitale verslawings as n geestesgesondheid versteuring op sy eie., Daar word oorweeg om dit in die Diagnostiese en Statistiese handleiding van Geestes versteurings in te sluit. Die eienskappe van alle verslawings is beheer verlies, buierigheid, onverdraagsaamheid en voortsetting van gebruik ten spyte van die nadelige gevolge. Digitale afhanklikheid voldoen. aan al die kriteria

Sommige tekens van ‘n tegnologie verslawing sluit in:
• Die onvermoë om die gebruik van tegnologie ,of n spesifieke digitale medium, te reguleer of te stop
• Dink voortdurend aan die gebruik van tegnologiese toestelle.
• Verwaarlosing van belangrike lewens aktiwiteite soos werk, skool of verhoudings
• Hou aan om digitale toestelle te gebruik ten spyte daarvan dat dit tot slegte gevolge lei
• Verloor belangstelling in sosiale en ontspanningsaktiwiteite wat jy voorheen geniet het
• Die gebruik van digitale toestelle in gevaarlike situasies, soos wanneer jy ‘n motor bestuur of oor ‘n straat stap.
• Ervaar ongewenste geestesgesondheidsimptome soos depressie, angs, stres of prikkelbaarheid.
• Die gebruik van digitale toestelle om plesier te verskaf of bevrediging te ervaar.
• Jok of verdoesel digitale gebruik vir familie, vriende of kollegas vanweë skuldgevoelens of skaamte.
• Die gebruik van digitale toestelle vir langer periodes en ook meer gereeld

Wat is die 6 mees algemene tipes tegnologieverslawing?
1. Dobbelverslawing
2. Sosiale media verslawing
3. Aanlyn dobbelverslawing
4. Pornografieverslawing (aanlyn seksuele verslawing)
5. Aanlyn inkopies verslawing
6. Werkverwante digitale verslawing

In die digitale wêreld wat ons onsself in bevind, is dit onrealisties om dit glad nie te gebruik niei, en is dit ook nie ‘n effektiewe manier om die probleem op te los nie. Daar is konsensus dat weerhouding van digitale toestelle nie die behandeling moet wees nie, maar dat die doelwit eerder matigheid en balans moet wees. Die wegneem van digitale toestelle, of die bron van die probleem (bv. sosiale media, speletjies, pornografie en ander digitale bronne wat nie die oorsprong van die individu se verslawing is nie), kan egter aan die begin van die behandeling .van 45 tot 90 dae aangemoedig word of totdat die individu moderering kan toepas as moderering die doelwit is.